Goughwaterhoender
Voorkoms
Goughwaterhoender | |
---|---|
Goughwaterhoender (Gallinula comeri) op Tristan da Cunha | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. comeri
|
Binomiale naam | |
Gallinula comeri (Allen, 1892)
|
Die Goughwaterhoender (Gallinula comeri) is 'n voël wat leef en nesmaak op Gougheiland. Dit is onlangs ook op Tristan da Cunha heringevoer. In Engels staan die voël bekend as die Gough Island Moorhen.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die voël word tot 27 cm lank en lyk baie soos die Grootwaterhoender. Die Goughwaterhoender se bene is egter rooi en nie geel nie. Die vlerke is baie kort.
Die voël leef oor die algemeen op die kusplato waar hulle in boomvaring- en adelaarsvaringruigtes skuil om roofmeeue te vermy. Die voël is sku en word eerder gehoor as gesien.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010. ISBN 978-1-77007-877-2